Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 22:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het gesê: “Gaan na die paleis en dra hierdie boodskap oor aan die koning van Juda. Sê vir hom:

2. ‘Luister, o koning van Juda, u wat ’n koning is uit die geslagslyn van Dawid. Die Here het ’n boodskap vir u, u amptenare en die mense van Jerusalem.

3. “‘Die Here sê: Julle moet eerlik en regverdig optree. Doen wat reg is. Julle moet ook mense help wat deur ander bedrieg is. Beskerm hulle teen hierdie bedrieërs. Julle mag ook nie vreemdelinge, weeskinders en weduwees mishandel nie. Hou ook op om onskuldige mense te vermoor!

4. As julle doen wat Ek sê, sal daar altyd iemand uit Dawid se nageslag koning in Jerusalem wees. Die konings sal in koetse en op perde deur die paleis se hekke ry, saam met hulle amptenare en onderdane.

5. Maar as julle hierdie waarskuwing ignoreer, sal hierdie paleis, so waar as wat Ek die Here is, in ’n bouval verander, sê die Here.’”

6. Die Here sê ook oor die koningshuis van Juda: “Jy is vir My soos vrugbare Gilead, soos die groen woude van Libanon. Maar Ek maak dit’n woestyn, ’n stad sonder enige inwoners.

7. Ek sal mense aanstel wat sal kom en dié plek met hulle gereedskap afbreek. Hulle sal die pragtige sederbalke uitruk en in die vuur gooi.

8. “Baie mense van ander nasies sal hier verbygaan en vir mekaar sê: ‘Hoekom het die Here so ’n indrukwekkende stad soos hierdie verwoes?’

Lees volledige hoofstuk Jeremia 22