Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 21:11-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. “Sê vir die koninklike familie: ‘Luister na die boodskap van die Here vir julle!

12. Die Here sê vir die koningsnageslag van Dawid: Lewer elke dag regverdige uitsprake! As iemand besteel is, beskerm hulle en red hulle van hulle uitbuiters. As julle dit nie doen nie, sal my woede soos ’n vuur brand wat niemand kan blus nie. Dit sal gebeur oor al julle sondes wat julle doen.

13. “‘Ek sal veg teen hierdie stad, teen Jerusalem, sê die Here, want julle spog mos en sê: Niemand kan ons op die berg bereik nie. Ons is onaantasbaar!

14. Ek sal julle straf oor dit wat julle gedoen het, sê die Here. Ek sal ’n vuur in jou woud aansteek wat alles rondom jou sal verbrand.’”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 21