Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18:8-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Maar as hulle ophou om die verkeerde dinge te doen waarvan Ek gepraat het, sal Ek hulle nie verwoes soos Ek aanvanklik wou nie.

9. Aan die ander kant, as Ek sê dat Ek ’n sekere nasie of regering sal vestig, opbou, groot en sterk maak,

10. maar die nasie begin verkeerde dinge doen en My nie gehoorsaam nie, sal Ek nie dan sorg dat dit nie met hulle goed gaan soos Ek van voorneme was nie?

11. “Jeremia, gaan sê vir die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem dat die Here sê: ‘Ek is besig om planne te maak om julle te straf. Moenie langer aanhou op die verkeerde koers wat julle ingeslaan het nie. Julle almal moet ophou om verkeerd te doen en begin doen wat reg is.’

12. Maar die mense het geantwoord: ‘Moenie jou asem mors nie. Ons sal aanhou lewe soos ons wil en ons eie oordeel volg, al is dit verkeerd.’”

13. Daarom sê die Here: “Doen navraag onder die nasies.Het iemand al ooit gehoor van die afstootlike ding wat die jong vrou Israel gedoen het?

14. Sal die sneeu ooit smelt op die hoë dele van die Libanon?Sal die koue bergstrome van die Hermonbergooit opdroog?

15. Tog het my volk My vergeet en offers gebring aan nikswerd afgode wat hulle laat struikel op die goeie weë.Hulle het op afdraaipaadjies,op sondige paaie beland.

16. As gevolg hiervan sal hulle land in ’n woesteny ontaard. ’n Mens kan maar net fluit van verbasing. Almal wat deurreis, sal verstom staanen hulle koppe skud.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 18