Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 17:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here sê: “My volk tree op asof hulle bose weë ’n wet is wat ingegraveer ismet ’n ysterpen of ’n diamantpuntop die tafels van hulle harten op die horings van hulle altare.

2. Selfs hulle kinders gaan aanbid by hulle altare en die Asjerapale onder elke groen koelteboom en op elke hoë heuwel,

3. op die berge en in die veld. Daarom sal Ek al julle rykdom en julle kosbare besittings vir die vyand gee as buit,ook die hoë plekke waar julle afgode aanbid het. Dit is die prys vir die sondewat julle oral deur julle land gedoen het.

4. Ek het die land vir julleas ’n kosbare besitting gegee. Dit sal uit julle hande glip. Ek sal julle na ’n land stuur wat julle nie ken nie, as slawe vir julle vyande. Julle het ’n vuur in my woede aangesteek en dit sal nie geblus word nie.”

5. Die Here sê:“Daar rus ’n vloek op dié wat hulle vertroue stelin gewone mense, en nie op die Here vertrou nie.

6. Hulle is soos bossies in die woestyn met geen vooruitsig vir die toekoms nie. Hulle sal woonin ’n verskroeide woestyn,op soutvlaktes waar niemand kan oorleef nie.

7. “Maar gelukkig is dié mense wat op die Here vertrouen hulle verwagting in Hom stel.

8. Hulle is soos bome wat langs ’n rivier staan. Hulle wortels reik diep tot by die water. Hitte bedreig hulle nie, en hulle blare bly groen.Lang maande van droogtepla hulle ook nie.Hulle hou nie op om vrugte te dra nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 17