Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 15:2-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. En as hulle vir jou vra: ‘Waarheen moet ons gaan?’ sê vir hulle die Here sê: “‘Wie bestem is vir die dood, na die dood.Wie bestem is vir die oorlog,na die oorlog.Wie bestem is vir hongersnood,na die hongersnood. En wie bestem is vir gevangenskap,na die gevangenskap.’

3. “Ek sal vier soorte vernietigers teen hulle stuur,” sê die Here: “Die swaard om dood te maak, honde om hulle weg te sleep en aasvoëls om op te vreet en wilde diere om te vernietig.

4. “Ek sal van my volk ’n voorwerp van afsku maak vir al die koninkryke van die aarde. Ek doen dit oor wat koning Manasse, die seun van Hiskia, koning van Juda, in Jerusalem gedoen het.

5. “Wie sal julle jammer kry, Jerusalem?Wie sal oor julle huil? Wie sal nog moeite doen om te vra hoe dit met julle gaan?

6. Julle het My in die steek gelaat,” sê die Here.“Julle steur julle nie aan My nie.Daarom sal Ek sorg dat daar niks van julle oorbly nie. Ek is moeg daarvan om julle altyd nog ’n kans te gee.

7. Ek sal julle uitwan soos kaf by die dorsvloer. Ek sal alles wat julle na aan die hart lê, wegvat. Ek sal my volk vernietig omdat hulle weier om hulle van hulle bose lewete bekeer.

8. Daar sal meer weduwees wees as sand in die see. Laatmiddag bring Ek ’n vyand wat die ma’s van jong mans sal oorval.Ek sal angs en vrees skielik oor hulle laat toesak.

9. ’n Ma van sewe kinders sal swak voel en na haar asem snak. Die son het vir haar gesak, al is dit nog dag. Sy is nou kinderloos – wat ’n vernedering is dit nie! Dié wat oorleef, sal Ek aan die vyand oorgee om hulle dood te maak,”sê die Here.

10. “Wee my, Ma, dat u my in die wêreld gebring het. Deur die hele land baklei mense met my. Al het ek niks uitgeleen wat ek terugvraof by ander geleen wat ek nie wil teruggee nie, vervloek almal my.”

11. Die Here het geantwoord: “Dit sal goed gaan met jou.In tye van nood en ellendesal jou vyande jou vraom vir hulle in te tree by My.

12. “Kan ’n mens ’n stuk yster breek, of brons wat uit die noorde kom?

13. Jou rykdom en besittings sal Ek as buit vir die vyand gee oor al jou verkeerde dade.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 15