Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 14:3-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Die vername mense stuur hulle diensknegte om water te gaan haal,maar die putte is droog. Hulle kom met leë houers terug. Hulle maak hulle koppe toe, dronkgeslaan en moedeloos.

4. Omdat dit nie gereën het nie, bars die grond. Die boere is ontsteld en maak hulle koppe toe.

5. Selfs die wildsbokooi gooi haar lammetjie weg omdat daar nie gras is nie.

6. Die wildedonkies staan op die kaal bulte en snuif die lug soos jakkalse wat dors is. Hulle oë verdof, want daar is nie gras om te eet nie.”

7. “Here, ons sondeshet ons nou ingehaal.Help ons ter wille van u eie reputasie.Ons het baie keer teen U gesondig.

8. U is Israel se enigste hoop, ons Verlosser in krisistye! Hoekom is U ’n vreemdeling vir ons? Hoekom is U soos iemand wat reis deur die landen net ’n nag oorslaap?

9. Hoekom tree U op soos iemand wat verward is,soos ’n soldaat wat ons nie kan help nie? Maar U, Here, is mos by ons. Ons is immers u volk. Moet ons tog nie aan ons lot oorlaat nie!”

10. Die Here het sy volk soos volg geantwoord: “Julle hou mos daarvan om van My af te dwaal.Daarom aanvaar Ekjulle nie meer as my volk nie.Ek sal nou al julle boosheid onthouen julle straf vir julle sondes.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 14