Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 14:10-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Die Here het sy volk soos volg geantwoord: “Julle hou mos daarvan om van My af te dwaal.Daarom aanvaar Ekjulle nie meer as my volk nie.Ek sal nou al julle boosheid onthouen julle straf vir julle sondes.”

11. Die Here het vir my gesê: “Moenie meer vir hierdie volk bid dat dit met hulle goed moet gaan nie.

12. Selfs al vas hulle, sal Ek My nie aan hulle geroep steur nie. En al bring hulle ook brandoffers en graanoffers vir My, sal Ek dit nie aanvaar nie. Ek sal met hulle klaarspeel deur oorloë, hongersnood en siekte op hulle pad te bring.”

13. Maar toe sê ek: “Oppermagtige Here, hulle profete sê vir hulle: ‘Julle sal nie oorlog of hongersnood beleef nie. Die Here sal verseker vir julle vrede bring.’”

14. Die Here het toe vir my gesê: “Hierdie profete vertel leuens in my Naam. Ek het hulle nie gestuur nie. Nog minder het Ek hulle opdrag gegee om met julle te praat. Wat hulle sien, is vals en wat hulle van God bekendmaak, is niks werd nie. Dit is ’n spul leuens wat hulle self uitdink.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 14