Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 14:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dit is die boodskap wat die Here vir Jeremia oor die droogte gegee het:

2. “Juda verdor, sy besighede speel bankrot. Sy mense rou oor die land,en uit Jerusalem klink ’n hulpgeroep.

3. Die vername mense stuur hulle diensknegte om water te gaan haal,maar die putte is droog. Hulle kom met leë houers terug. Hulle maak hulle koppe toe, dronkgeslaan en moedeloos.

4. Omdat dit nie gereën het nie, bars die grond. Die boere is ontsteld en maak hulle koppe toe.

5. Selfs die wildsbokooi gooi haar lammetjie weg omdat daar nie gras is nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 14