Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 12:3-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Maar U ken my, Here. U sien my net soos ek is.U toets my ingesteldheid teenoor U. Sleep hierdie mense weg,net soos slagskape! Pas hulle op vir die slagtyd!

4. Hoe lank moet hierdie landnog treur? Selfs die grasvelde het verdroog. Die diere en die voëls het ook verdwyn weens die sondevan die inwoners van die land. En tog sê hulle: “Die Here gaan niks doen nie!”

5. “As jy moeg raak om teen mense te hardloop,hoe sal jy ooit teen perde kan meeding? As jy struikel en val in ’n land waar dit veilig is, wat sal jy doen in die digte bosse by die Jordaan?

6. Jou broers, jou naby familie het jou verraai. Hulle is daarop uit om jou kwaad aan te doen. Moenie hulle vertrou nie, selfs nie as hulle vriendelik met jou praat nie.

7. “Ek het my volk prysgegee, hulle wat my eiendom is.Ek het hulle wat Ek liefhet aan hulle vyande oorgegee.

8. My eie volk het vir My gebrul soos ’n leeu in ’n bos. Daarom het Ek hulle behandelasof Ek hulle haat.

9. Die volk wat Ek vir My gekies het,het só afstootlik vir Mygeword soos ’n aasvoël.En nou is húlle omring deur ander aasvoëls!Laat al die roofdiere komsodat hulle hulle karkasse kan skoonvreet!

10. Baie herders het my wingerd verniel, en my druiwe vertrap. Hulle het my vrugbare grond ’n verlate woesteny gemaak.

11. Hulle het dit ’n woestyn gemaakwat verwoes voor My lêomdat niemand daarvooromgee nie.

12. Soldate kom oor die heuwelsin die woestyn.Die swaard van die Hereverteer mense van hoek tot kant. Niemand sal kan ontsnap nie.

13. Hulle het koring gesaai, maar sal dorings oes. Hulle moeite was tevergeefs.Staan dan maar beskaam,sonder oes,want die gloeiende woede van die Herehet julle getref.”

14. Die Here sê: “Wat die buurvolke betref, hulle is sleg. Hulle probeer die erfenis wat Ek vir my volk Israel gegee het, in die hande kry. Ek sal hierdie buurvolke uit hulle lande wegvat. Ek sal Juda uit hulle mag red.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 12