Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 12:12-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Soldate kom oor die heuwelsin die woestyn.Die swaard van die Hereverteer mense van hoek tot kant. Niemand sal kan ontsnap nie.

13. Hulle het koring gesaai, maar sal dorings oes. Hulle moeite was tevergeefs.Staan dan maar beskaam,sonder oes,want die gloeiende woede van die Herehet julle getref.”

14. Die Here sê: “Wat die buurvolke betref, hulle is sleg. Hulle probeer die erfenis wat Ek vir my volk Israel gegee het, in die hande kry. Ek sal hierdie buurvolke uit hulle lande wegvat. Ek sal Juda uit hulle mag red.

15. Maar nadat Ek al hierdie volke uit hulle lande weggeneem het, sal Ek hulle weer jammer kry. Ek sal elke volk na sy eie land, waar sy eiendom is, laat terugkom.

16. Hierdie volke kan saam met my volk kom bly in die land wat Ek vir hulle gegee het. Maar Ek verwag van hulle om die gewoontes van my volk aan te leer. Verder moet hulle ook leer om ’n eed te sweer deur te sê: ‘So waar as die Here lewe.’ Vroeër het hulle my volk geleer om Baäl se naam te gebruik as hulle sweer.

17. As enige van hierdie volke nie gehoorsaam wil wees nie, sal Ek hulle met wortel en tak uitroei. Die Here het dit gesê!”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 12