Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 14:6-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Ek sal vir Israel wees soos verfrissende dou. Hy sal bloei soos ’n lelie. Hy sal diep in die aarde wortelskiet soos die seders van die Libanon.

7. Sy takke sal uitsprei soos die sierlike olyfboom, so geurig soos die plante van die Libanon.

8. My volk sal dan weer terugkeer na die veiligheid van hulle land. Hulle sal welig groei soos koring en uitspruit soos wingerde. Hulle sal so hoog aangeskrewe wees soos die wyn van die Libanon.

9. “O Israel, bly weg van die afgode. Ek het jou verneder, maar sal jou nou weer versorg. Ek is soos ’n boom wat altyd groen is. Ek is die bron van jou vrugbaarheid.”

10. Laat hulle wat wys is hierdie woorde verstaan. Laat hulle wat verstandig is aandagtig luister. Die paaie van die Here is waar en reg. Regverdige mense loop daarop, maar sondaars struikel en val op die pad.

Lees volledige hoofstuk Hosea 14