Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 14:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die inwoners van Samaria moet die gevolge van hulle skuld dra, want hulle het teen hulle God in opstand gekom. Hulle sal deur die swaard doodgemaak word. Hulle klein kindertjies sal verpletter word, hulle verwagtende vroue sal oopgesny word.

2. Keer terug na die Here jou God, o Israel, want jou sondes is jou ondergang.

3. Bely jou sondes en keer terug na die Here toe. Sê vir Hom: “Vergewe tog al ons sondes en aanvaar ons in genade sodat ons weer ’n lofoffer aan U kan bring.

4. Assirië kan ons nie red nie, ook nie militêre optrede nie. Ons sal nooit weer die afgode wat ons gemaak het ‘ons god’ noem nie. Nee, by U alleen is daar deernis vir ’n weeskind.”

Lees volledige hoofstuk Hosea 14