Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 7:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Dogter van ’n prins, hoe pragtig is jou voete in jou sandale. Die rondings van jou heupe is soos juwele wat ’n kunstenaar met sy hande gemaak het.

2. Jou naeltjie is soos ’n ronde houer waarin wyn nooit ontbreek nie. Jou maag is soos ’n hopie koring wat omring is met lelies.

3. Jou twee borste is soos tweeling-takboklammers.

4. Jou nek is so sierlik soos ’n toring van ivoor. Jou oë is soos die poele by Gesbon, by die ingang na Bat-Rabbim. Jou neus is soos die toring van die Libanon wat uitkyk na Damaskus toe.

5. Jou kop is soos die Karmelberg, so statig op jou lyf.Die hare op jou kop is soos koninklike purper. Jou haarlokke betower ’n koning.

6. “Hoe mooi is jy! Hoe bekoorlik is jy, my liefste!Hoe ’n plesier is jy!

7. Jou lenige lyf is soos ’n palmboom, jou borste soos druiwetrosse.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 7