hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8

Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Dogter van ’n prins, hoe pragtig is jou voete in jou sandale. Die rondings van jou heupe is soos juwele wat ’n kunstenaar met sy hande gemaak het.

2. Jou naeltjie is soos ’n ronde houer waarin wyn nooit ontbreek nie. Jou maag is soos ’n hopie koring wat omring is met lelies.

3. Jou twee borste is soos tweeling-takboklammers.

4. Jou nek is so sierlik soos ’n toring van ivoor. Jou oë is soos die poele by Gesbon, by die ingang na Bat-Rabbim. Jou neus is soos die toring van die Libanon wat uitkyk na Damaskus toe.

5. Jou kop is soos die Karmelberg, so statig op jou lyf.Die hare op jou kop is soos koninklike purper. Jou haarlokke betower ’n koning.

6. “Hoe mooi is jy! Hoe bekoorlik is jy, my liefste!Hoe ’n plesier is jy!

7. Jou lenige lyf is soos ’n palmboom, jou borste soos druiwetrosse.

8. Ek het vir myself gesê: ‘Teen hierdie palmboom wil ek uitklim en sy dadeltrosse gryp.’Laat jou twee borste vir my wees soos druiwetrosse. Laat jou asem vir my ruik soos dié van appels,

9. jou mond soos goeie wynwat tussen lippe en tandeglad na binne vloei.”

Jong vrou:

10. “Ek behoort net aan my liefling. Hy smag na my.

11. Kom, my liefste,kom ons gaan uit na die veld, kom ons gaan slaap tussen die lelies.

12. Môre-oggend vroeg gaan ons na die wingerde toeom te kyk of dit al bot, of die botsels al oop is, en of die granaatbome al bloei.Daar gee ek jou my liefde.

13. Liefdesappels versprei hulle geur,en by ons deuris daar vrugte, vars en ryp.My liefling, ek het hulle net vir jou gebêre.”