Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 6:3-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Ek behoort aan my liefste en hy is net myne. Hy laat sy skape tussen die lelies wei.”

4. “My minnaar, jy is so mooi soos Tirsa, net so pragtig soos Jerusalem.Jy is so indrukwekkend soos ’n afdeling soldate wat die vaandel dra.

5. Moenie in my oë kyk nie, want dit oorweldig my. Jou hare is soos ’n trop bokke wat afkom teen die Gileadberge.

6. Jou tande is so wit soos skape wat nou net gewas is. Elkeen het tweelingeen nie een is alleen nie.

7. Jou wange agter jou sluier is soos skywe granate.

8. Ek kan 60 koninginne, 80 byvroue, selfs ontelbare jong vroue tot my beskikking hê,

9. maar ek kies nog steeds net my duif, want my volmaakte is uniek.Sy is haar ma se enigste dogter, die appel van haar oog. As die jong meisies haar sien, bewonder hulle haar. Selfs koninginne en byvroue besing haar lof.

10. Hulle vra: ‘Wie is dit wat uitkomsoos die vroeë oggendlig, wat helder skyn soos die maan, skitter soos die son, indrukwekkend is soos soldate wat die vaandels dra?’

11. “Ek het afgegaan na die neuteboord om te gaan kyk na die nuwe lewe van die lente. Ek het gaan kyk hoe die wingerde bot, hoe die granaatbome bloei.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 6