hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8

Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Nou waarheen sou jou liefling gegaan het, mooiste van al die vroue? Waarheen het jou minnaar gegaan?Ons sal jou help om na hom te soek.”

Jong vrou:

2. “My liefste is af na sy tuin toe. Hy is na die kruiebeddings om sy skape in die tuine te laat wei en om lelies te pluk.

3. Ek behoort aan my liefste en hy is net myne. Hy laat sy skape tussen die lelies wei.”

Jong man:

4. “My minnaar, jy is so mooi soos Tirsa, net so pragtig soos Jerusalem.Jy is so indrukwekkend soos ’n afdeling soldate wat die vaandel dra.

5. Moenie in my oë kyk nie, want dit oorweldig my. Jou hare is soos ’n trop bokke wat afkom teen die Gileadberge.

6. Jou tande is so wit soos skape wat nou net gewas is. Elkeen het tweelingeen nie een is alleen nie.

7. Jou wange agter jou sluier is soos skywe granate.

8. Ek kan 60 koninginne, 80 byvroue, selfs ontelbare jong vroue tot my beskikking hê,

9. maar ek kies nog steeds net my duif, want my volmaakte is uniek.Sy is haar ma se enigste dogter, die appel van haar oog. As die jong meisies haar sien, bewonder hulle haar. Selfs koninginne en byvroue besing haar lof.

10. Hulle vra: ‘Wie is dit wat uitkomsoos die vroeë oggendlig, wat helder skyn soos die maan, skitter soos die son, indrukwekkend is soos soldate wat die vaandels dra?’

11. “Ek het afgegaan na die neuteboord om te gaan kyk na die nuwe lewe van die lente. Ek het gaan kyk hoe die wingerde bot, hoe die granaatbome bloei.

12. Voor ek my kon kry, is ek by hom waar hy,die belangrikste van al my volksgenote,in sy strydwa ry.”

Jong vroue van Jerusalem:

13. “Kom terug! Kom terug na ons, meisie van Sulam! Kom terug! Kom terug dat ons weer na jou kan kyk!” “Wat wil julle sien aan die Sulammitiese meisie waar sy dans tussen die twee rye?”