Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 3:7-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Dit is dan Salomo se drastoel met 60 van Israel se dapperste soldate rondom hom!

8. Elkeen het ’n swaard op die heup,is vaardig met die swaard en opgelei vir die oorlog. Hulle kan die koning verdedig teen enige aanval in die nag.

9. “Koning Salomo het vir homself’n drastoel laat maak van hout uit die Libanon.

10. Die drastoel se pote is van silwer,sy basis is van goud,sy sitplek van gebreide, pers wol. Die vroue van Jerusalem het dit gemaak uit liefde vir Salomo.”

11. “Vroue van Sion, gaan uit dat julle kan kykna die kroonvan koning Salomo.Daarmee het sy ma hom gekroon op sy vreugdevolle troudag.”

Lees volledige hoofstuk Hooglied 3