hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8

Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Elke nag lê ek op my bed en verlang na die man wat ek liefhet. Ek het na hom gaan soek, maar ek kon hom nie kry nie.

2. Ek sal weer opstaan en in die stad na hom gaan soek, in die strate en op die pleine.Ek het oral na hom gesoek, maar kon hom nêrens kry nie.

3. “Die wagte wat die stad oppas, het op my afgekom. Ek het vir hulle gevra: ‘Het julle die man gesien, hy wat ek liefhet?’

4. Ek was net by hulle verby, toe kry ek die man wat ek liefhet. Ek het hom vasgegryp. Ek het hom nie weer laat los voor ek hom gebring het na my ma se huis, na die kamer waar ek gebore is nie.

5. “Belowe my iets, vroue van Jerusalem!Ek roep die ribbokke en wilde takbokke as getuies dat julle nie die liefde sal aanblaas voordat die tyd daarvoor ryp is nie.”

Jong vroue van Jerusalem:

6. “Wie kom daar aangesweef soos ’n wolkkolom uit die woestyn?Wie is dit wat so lekker ruik na mirre, wierook, en lekkerruik-kruie?

7. Dit is dan Salomo se drastoel met 60 van Israel se dapperste soldate rondom hom!

8. Elkeen het ’n swaard op die heup,is vaardig met die swaard en opgelei vir die oorlog. Hulle kan die koning verdedig teen enige aanval in die nag.

9. “Koning Salomo het vir homself’n drastoel laat maak van hout uit die Libanon.

10. Die drastoel se pote is van silwer,sy basis is van goud,sy sitplek van gebreide, pers wol. Die vroue van Jerusalem het dit gemaak uit liefde vir Salomo.”

Jong vrou:

11. “Vroue van Sion, gaan uit dat julle kan kykna die kroonvan koning Salomo.Daarmee het sy ma hom gekroon op sy vreugdevolle troudag.”