Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 8:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Maar God het gedink aan Noag en al die mense en diere by hom in die ark. Hy het ’n sterk wind oor die water laat waai en die watervloed het begin afneem.

2. Die onderaardse waterbronne het opgehou om uit te borrel en die stortreën het bedaar.

3. Geleidelik het die vloedwaters gesak. Na 150 dae het die watervlak só gesak

4. dat die ark op die Araratberge vasgesit het, vyf maande nadat dit begin reën het.

5. Twee en ’n halwe maande later het ander bergspitse sigbaar geword namate die water gesak het.

6. 40 dae later het Noag die venster wat hy in die ark gemaak het, oopgemaak

7. en ’n kraai uitgelaat. Die kraai het heen en weer gevlieg totdat die aarde droog was.

8. Daarna het hy ’n duif uitgelaat om te kyk of daar enige droë grond was.

Lees volledige hoofstuk Genesis 8