Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 48:18-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. “Nie so nie, Pa,” sê Josef. “Hy is die oudste. Sit u regterhand op sý kop.”

19. Maar sy pa het geweier. “Ek weet, my seun, ek weet,” sê hy. “Manasse sal ook ’n groot nasie word, maar sy jonger broer sal selfs magtiger wees as hy. Sy nageslag sal ’n magtige nasie word!”

20. Jakob het toe dié dag die seuns geseën met die woorde: “Die Israeliete sal julle name gebruik om mekaar seën toe te wens. Hulle sal sê: ‘Mag God jou so voorspoedig maak soos vir Efraim en vir Manasse.’” So het Jakob vir Efraim bo Manasse gestel.

21. Toe sê Jakob vir Josef: “Ek is op die punt om te sterf, maar God sal met julle wees. Hy sal julle terugbring Kanaän toe, na die land van ons voorouers.

22. Vir jou laat ek iets meer na as vir jou broers, naamlik die stuk grond van Sigem wat ek met my eie swaard en pyl en boog van die Amoriete verower het.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 48