Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 3:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die slang was listiger as al die diere wat die Here God gemaak het. “Is dit regtig so?” vra hy vir die vrou. “Het God regtig gesê julle mag niks van die vrugte in die tuin eet nie?”

2. “Natuurlik mag ons van die vrugte eet,” sê die vrou.

3. “Dis net van die vrugte van die boom in die middel van die tuin wat ons nie mag eet nie of selfs aan raak nie, anders sal ons sterf.”

4. “Julle sal nie sterf nie!” sê die slang.

5. “God weet dat julle oë sal oopgaan wanneer julle daarvan eet. Julle sal dan net soos God wees en weet van goed en kwaad.”

6. Dit het die vrou oortuig. Wanneer sy na die boom kyk, lyk die vrugte mooi en aanloklik, geskik om ’n mens verstandig en slim te maak. Sy pluk ’n vrug van die boom, eet daarvan en gee vir haar man by haar; en hy het ook geëet.

Lees volledige hoofstuk Genesis 3