Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 22:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Na ’n tyd wou God Abraham toets. “Abraham!” roep God.“Hier is ek,” antwoord Abraham.

2. God sê vir hom: “Neem jou seun, jou enigste seun, ja, vir Isak wat jy so liefhet, en gaan na die land Moria. Offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal wys.”

3. Die volgende oggend het Abraham vroeg opgestaan. Hy het sy donkie opgesaal vir die reis en hout gekap vir die brandoffer. Toe het hy twee slawe en ook sy seun Isak geneem om saam te gaan. Daarna het hy vertrek na die plek wat God vir hom aangedui het.

4. Op die derde dag sien Abraham die plek in die verte.

5. “Bly ’n bietjie hier by die donkie,” sê Abraham vir die slawe. “Ek en die seun sal ’n entjie verder gaan. Ons sal daar aanbid en dan terugkom.”

6. Abraham sit toe die hout op Isak se skouers. Hy het self die mes en die vuur gedra. Terwyl die twee so saamloop,

Lees volledige hoofstuk Genesis 22