Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 10:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die volgende is ’n lys van die nakomelinge van Noag se drie seuns, Sem, Gam en Jafet, ná die vloed.

2. Die nageslag van Jafet was Gomer, Magog, die Mediërs, die Grieke, Tubal, Mesek en Tiras.

3. Die nageslag van Gomer was Askenas, Rifat en Togarma.

4. Die nageslag van die Grieke was Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners.

5. Hulle nageslag het seevaarders in verskillende lande geword. Elke stam het sy eie taal gehad.

6. Die nageslag van Gam was Kus, Egipte, Put en Kanaän.

7. Die nageslag van Kus was Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama was Skeba en Dedan.

8. Een van Kus se nakomelinge was Nimrod, die eerste krygsman op aarde.

9. Hy was ’n voortreflike jagter voor die Here. Sy naam het soos ’n spreekwoord geword en mense het gesê: “Soos Nimrod, die beroemde jagter voor die Here.”

10. Met die stede Babel, Erek, Akkad en Kalne het hy die grondslag vir sy ryk in Sinar gelê.

Lees volledige hoofstuk Genesis 10