Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 6:2-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Daarin is beskryf hoe Mordegai die twee haremamptenare Bigtan en Teres, wat diens as deurwagte gedoen het, se komplot om die koning te vermoor, aan die lig gebring het.

3. “Watter beloning of erkenning het Mordegai hiervoor ontvang?” wou die koning weet. Sy amptenare het geantwoord: “Hy het niks gekry nie.”

4. “Wie is daar in die voorhof?” wou die koning weet. Haman was juis besig om van die buitenste voorhof van die paleis af in te kom. Hy wou by die koning toestemming kry dat Mordegai aan die galg wat Haman vir hom laat oprig het, opgehang moes word.

5. Die amptenare van die koning sê vir hom: “Dit is Haman wat in die voorhof staan.” “Laat hy inkom!” sê die koning.

6. Toe Haman inkom, vra die koning vir hom: “Wat dink jy moet gedoen word vir iemand wat die koning graag wil vereer?” Haman het by homself gedink: “Vir wie anders sou die koning eerder wil vereer as vir my?”

7. Hy antwoord toe die koning: “As die koning iemand graag wil vereer,

8. moet hulle van die koning se klere bring wat hy self gedra het en die perd waarop die koning self gery het met die koning se embleem op sy voorkop.

Lees volledige hoofstuk Ester 6