Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 2:19-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. In die tyd toe die jong meisies na die tweede harem oorgeplaas is, is Mordegai as amptenaar van die koning aangestel.

20. Ester het nog steeds stilgebly oor haar familie en haar volk. Sy het nog steeds gedoen wat Mordegai vir haar sê, soos toe sy nog ’n kind by hom in die huis was.

21. In die tyd dat Mordegai aan diens was in die poort van die paleis, het die twee haremamptenare Bigtana en Teres, wat diens as deurwagte gedoen het, kwaad geword vir die koning. Hulle het saamgesweer om koning Ahasveros te vermoor.

22. Mordegai het daarvan gehoor en vir koningin Ester daarvan laat weet. Ester het dit toe namens Mordegai aan die koning gaan oorvertel.

23. Toe die gerug ondersoek word, is gevind dat dit waar is. Die twee mans is toe opgehang. Die gebeurtenis is voor die koning in die geskiedenisboek van sy regering opgeteken.

Lees volledige hoofstuk Ester 2