Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 8:7-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Jesaja seun van Atalia uit die familie van Elam en saam met hom 70 ander mense.

8. Sebadja seun van Migael uit die familie van Sefatja en nog 80 ander mense.

9. Obadja seun van Jegiël uit die familie van Joab en nog 218 ander mense.

10. Selomit seun van Josifja uit die familie van Bani en nog 160 ander mense.

11. Sagaria seun van Bebai uit die familie van Bebai en nog 28 ander mense.

12. Joganan seun van Katan uit die familie van Asgad en nog 110 ander mense.

13. Die laaste was Elifelet, Jeïel en Semaja en nog 60 mense saam met hulle.

14. Utai en Sabud uit die familie van Bigwai en nog 70 ander mense.

15. Ek het die ballinge by die kanaal wat by Ahawa verbyloop, laat bymekaarkom. Daar het ons vir drie dae gekamp terwyl ek die lyste met mense en priesters wat aangekom het, nagegaan het. Ek het uitgevind dat daar nie een Leviet onder hulle was nie.

Lees volledige hoofstuk Esra 8