Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 7:1-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Toe het hierdie boodskap van die Here na my toe gekom:

2. “Mensekind, die oppermagtige Heresê vir Israel: Die einde is hier! Die einde kom tot aan die uithoeke van die land.

3. Nou het die einde aangebreek oor jou, want Ek laat my woede teen jou losbars. Ek gaan jou straf vir wat jy aangevang het. Ek roep jou tot verantwoording oor jou afskuwelike gedrag.

4. Ek sal wegkyk en jou nie weer jammer kry nie. Ek gaan jou ten volle laat betaal vir al die afskuwelike dinge wat jy aangevang het. Dan sal jy weet en erken dat Ek die Here is!

5. “Die oppermagtige Here sê: Ramp na rampbring Ek oor jou!

6. Die einde het gekom! Dit het aangebreek!Jou finale vernietiging wag!

7. Mense van Israel, die dag van jou vernietiging breek aan. Die tyd het gekom. Die dag van moeilikheid is naby! Daardie dag sal daar verwarring wees, nie vreugde nie.

8. Binnekort stort Ek my woede uit op jou. Ek sal jou oordeel oor jou optrede. Dan straf Ek jou vir jou afskuwelike gedrag.

9. Ek sal jou nie verskoon enjou nie jammer kry nie. Ek sal jou straf oor jou gedrag en al jou afskuwelike dade. Dan sal jy weet dis Ek, die Here, wat jou geslaan het.

10. “Die dag van oordeel is hier. Jou vernietiging wag! Die volk se afskuwelike dade en trots het ’n klimaks bereik.

11. Geweld sal teen hulle losbreek as straf oor hulle afskuwelike optrede. Van die trotse en bose mense sal nie een oorleef nie.Al hulle skatte sal saam met hulle vergaan.

12. Ja, die tyd het gekom! Die dag is hier dat die een wat koop, nie bly moet wees nie, en dié wat verkoopnie spyt sal wees nie, want my woede rus op almal in die land.

13. Sou enige handelaars oorleef, sal hulle nooit weer kan terugkeer na hulle besigheid nie.Want wat Hy gesê het, geld vir almal. Dit kan nie verander word nie! Nie een mens se lewedeur sonde verwring, sal herstel nie.”

14. “Die trompette roep Israel se weermag op om gereed te maak vir die geveg,maar niemand luister daarna nie. My woede is teen hulle gerig.

15. Enigiemand wat dit buite die stadsmure waag, sal deur die vyand doodgemaak word. En dié wat in die stad agterbly, sal doodgaan van hongersnood en pessiektes.

16. Die enkeles wat wel ontsnap en na die berge vlug, sal soos duiwe kla. Hulle sal huil oor hulle sondes.

17. Almal se hande sal slap hang. Hulle knieë sal so swak wees soos water.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 7