Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 6:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Daar het toe weer ’n boodskap van die Here gekom:

2. “Mensekind, kyk in die rigting van die berge van Israel en profeteer teen hulle.

3. Gee vir die berge van Israel hierdie boodskap van die oppermagtige Here. Dit is wat die oppermagtige Here vir die berge en heuwels, vir die klowe en valleie sê: Ek gaan oorlog op julle laat losbreek. En Ek gaan die heidense tempels op julle hoogtes vernietig.

4. Al julle altare sal stukkend geslaan word, en julle wierookaltare sal uitmekaargebreek word. En Ek sal julle mense voor julle afgode doodmaak.

5. Ek sal julle lyke voor julle afgode neergooi en julle bene voor julle altare verstrooi.

6. Waar julle ook al bly, sal julle stede in puinhope verander en julle hoogtes vernietig word. Julle altare sal vernietig en verwoes word. Julle afgode sal stukkend geslaan word en verdwyn. Julle wierookaltare sal uitmekaargeskop word. Daar sal niks oorbly van alles wat julle gemaak het nie.

7. Die dag wanneer die hele plek vol lyke lê, sal julle weet dat Ek die Here is.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 6