Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 5:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Mensekind, vat ’n skerp swaard en gebruik dit as ’n skeermes om jou hare en jou baard af te skeer. Gebruik dan ’n skaal om jou hare in gelyke dele te verdeel.

2. “Wanneer die beleëringsdae verby is, verbrand ’n derde daarvan in die middel van jou kaart van Jerusalem. Gooi nog ’n derde daarvan rondom die stad en kap dit stukkend met ’n swaard. Gooi die laaste derde in die wind, want Ek sal my volk met die swaard verstrooi.

3. Hou net ’n bietjie van die hare en knoop dit vas in jou klere.

4. Vat dan ’n bietjie van dié hare en gooi dit in die vuur en verbrand dit. Dan sal ’n vuur daarvandaan uitgaan en die hele Israel vernietig.

5. “So sê die oppermagtige Here: Hierdie is ’n demonstrasie van wat met Jerusalem gaan gebeur. Ek het haar in die middel van die nasies geplaas.

6. Maar sy het in opstand teen my bepalings gekom en was boser as die nasies in die omgewing.Sy het geweier om die wette te gehoorsaam wat Ek vir haar gegee het.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 5