Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 41:22-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. Hier was ook ’n altaar wat van hout gemaak is, een en ’n half meter hoog en een meter lank. Sy hoeke en sy kante rondom was van hout. Die man het vir my gesê: “Dit is die tafel wat in die teenwoordigheid van die Here staan.”

23. Die voorste tempelvertrek en die Allerheiligste het elkeen ’n deur gehad.

24. Elke deur het twee swaaideure gehad.

25. Die deure na die voorste tempelvertrek was versier met uitgekerfde gerubs en palms, net soos op die mure. Voor die voorportaal van die tempel aan die buitekant was ’n afdak van hout.

26. In die mure weerskante van die voorportaal was daar vensteropenings met hortjies, en teen die mure was palmversierings. Dit was ook die geval met die verdiepinggebou rondom die tempel en met die afdakke.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 41