Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 41:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierna het die man my in die tempel na die groot vertrek geneem, en hy het die pilare weerskante van die ingang van die tempel gemeet. Hulle was drie meter in deursnee.

2. Die ingang was vyf meter wyd, en die mure aan weerskante was twee en ’n half meter lank. Die tempelvertrek was twintig meter lank en tien meter breed.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 41