Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 32:19-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Sê vir hulle: ‘Egipte, is jy beter as die ander nasies? Gaan af en gaan lê tussen die onbesnedenes!’

20. Hulle sal omkom saam met anderwat deur die swaard gesneuwel het, want die swaard is reeds uitgetrek. Laat Egipte en al sy menigtes weggesleep word.

21. Vanuit die graf spot die magtige leiers vir Egipte en sy bondgenote: ‘Hulle het neergedaal na die grafen lê nou by die onbesnedenes,by die slagoffers van die swaard!’

22. “Assirië lê daar, omring met grafte van al sy mense, almal slagoffers van die swaard.

23. Hulle grafte is diep in die doderyk, omring deur hulle bondgenote. Lank tevore het hulle oral angs in mense gewek, maar nou het hulle vyande hulle doodgemaak.

24. “Elam en al sy menigtes is daar met sy mense rondom sy graf, almal deur die swaard getref. Hulle wat onder die lewendes paniek gesaai het,het onbesnede na die doderyk gegaan. Hulle dra die vernedering saam met dié wat in die graf is.

25. Hy lê tussen dié wat dood is, tussen die grafte van sy krygers. Almal is onbesnede,omgebring deur die swaard.Hulle het verskrikking gesaai in die land van die lewendes, maar lê nou verneder in die graf saam met dié wat omgekom het.

26. “Mesek en Tubal is daar, omring deur die grafte van hulle menigtes, almal onbesnede slagoffersvan die swaard, want hulle het paniek gesaai onder lewendes in die land.

27. Hulle is nie met eer begrawe soos helde met hulle wapens nie –met skilde wat hulle liggame bedeken swaarde onder hulle koppe nie. In die land van die lewendeshet hulle oral paniek gesaai.

28. “Ook jy, Egipte, sal verslaan lêtussen die onbesnedenes, almal slagoffers van die swaard.

29. “Edom is daar, met konings en prinse. Eens was hulle magtig, maar nou het hulle ook gesneuwel en lê in die graf saam met onbesnedenes.

30. Al die leiers van die noorde, ook die Sidoniërs is daar.Hulle wat met hulle magverskrikking gesaai het,lê nou by onbesnedenessaam met dié wat gesneuwel het.Hulle deel die vernedering met dié wat reeds dood is.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 32