Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 27:8-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. “Jou roeiers kom uit Sidon en Arwad, jou matrose was ervare manne uit Tirus.

9. Goeie vakmanne het jou lekplekke toegestop. Skepe het met hulle vrag van elke land gekom om met jou handel te dryf.

10. “Manne uit Persië, Lud en Put het in jou weermag gedien. Hulle het hulle skilde en helms aan jou mure opgehang, en vir jou aansien gegee.

11. Manne uit Arwad en Gelek het op jou mure wag gestaan. En manne uit Gammad het jou torings bewaak. Hulle skildehet aan jou mure gehang, en vir jou groot aansien gegee.

12. “Tarsis was jou agent. Jy het jou ware verruil vir silwer, yster, tin en lood.

13. Handelaars uit Griekeland, Tubal en Mesek het slawe en koperware gebring.

14. Uit Bet-Togarma het ryperde, trekperde en muile gekom. Jy het al hierdie goed geruil vir wat jy vervaardig het.

15. Handelaars het ook uit Dedan gekom. Talle eilande was jou agente.Hulle het jou betaal met ivoor en ebbehout.

16. Aram het handelaars gestuur om met jou besigheid te doen. Met turkoois, pers wolstof, fyn linne, koraal en robyne het hulle vir jou ware betaal.

17. Juda en Israel het jou ware gekoop, en betaal met koring uit Minnit, kos en heuning, olyfolie en balsemgom.

18. Damaskus het baie produkte van jou gekoop, en met wyn uit Gelbon en wol uit Sagar betaal.

19. Dan en Grieke uit Usal het jou ware gekoop. Hulle het met bewerkte yster, met kaneel en kalmoes betaal.

20. Vir jou ware het Dedan met hulle saalkleedjies betaal.

21. “Die Arabiere en prinse van Kedar het met lammers, skaapramme en bokramme vir jou ware betaal.

22. Die handelaars van Skeba en Rama het met allerlei soorte speserye en met kosbare stene en goud vir jou ware betaal.

23. Haran, Kanne, Eden, handelaars van Skeba, Assirië en Kilmadhet ook met jou handel gedryf.

24. Met mooi blou materiaal, en geborduurde materiaal, het hulle betaal,met veelkleurige matte, vasgebind met koorde.

25. Die skepe van Tarsis het jou ware vervoer. Jou pakhuise was tot boordens toe vol!”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 27