Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 27:15-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Handelaars het ook uit Dedan gekom. Talle eilande was jou agente.Hulle het jou betaal met ivoor en ebbehout.

16. Aram het handelaars gestuur om met jou besigheid te doen. Met turkoois, pers wolstof, fyn linne, koraal en robyne het hulle vir jou ware betaal.

17. Juda en Israel het jou ware gekoop, en betaal met koring uit Minnit, kos en heuning, olyfolie en balsemgom.

18. Damaskus het baie produkte van jou gekoop, en met wyn uit Gelbon en wol uit Sagar betaal.

19. Dan en Grieke uit Usal het jou ware gekoop. Hulle het met bewerkte yster, met kaneel en kalmoes betaal.

20. Vir jou ware het Dedan met hulle saalkleedjies betaal.

21. “Die Arabiere en prinse van Kedar het met lammers, skaapramme en bokramme vir jou ware betaal.

22. Die handelaars van Skeba en Rama het met allerlei soorte speserye en met kosbare stene en goud vir jou ware betaal.

23. Haran, Kanne, Eden, handelaars van Skeba, Assirië en Kilmadhet ook met jou handel gedryf.

24. Met mooi blou materiaal, en geborduurde materiaal, het hulle betaal,met veelkleurige matte, vasgebind met koorde.

25. Die skepe van Tarsis het jou ware vervoer. Jou pakhuise was tot boordens toe vol!”

26. “Kyk, jou roeiers het joutot op die diepsee gebring. Hier sal die oostewind jou skip in stukke breek.

27. Alles sal verlore gaan, jou rykdom en handelsware, jou matrose en seemanne, jou skeepsbouers, jou handelaars en soldate. Almal sal in die diepte verdwyn, die dag as jy vergaan.

28. “Jou stede langs die see sal bewe as jou matrose roep om hulp.

29. Die roeiers spring van die skip af,matrose en seemanne staan langs die kus.

30. Hulle huil oor jou lot. Hulle treur hardop. Hulle gooi stof op hulle koppe en rol op die grond rond.

31. Hulle skeer hulle koppe kaal,en in rou oor jou trek hulle begrafnisklere aan. Hulle huil bitterlik omdat hulle oor jou treur.

32. Hierdie begrafnislied sing hulle terwyl hulle treur: “‘Was daar al ooit ’n stad soos Tirus,nou stil op die bodem van die see?

Lees volledige hoofstuk Esegiël 27