Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 25:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir my gesê:

2. “Mensekind, kyk in die rigting van die land van Ammon en profeteer teen sy mense.

3. Sê vir die Ammoniete die oppermagtige Here sê: Hoor die boodskap van die oppermagtige Here! Jy het met my volk gespot toe my woonplek ontheilig is, en Israel geminag toe hy verlate gemaak is. Jy het gelag omdat Juda in ballingskap weggevoer is.

4. “Daarom laat Ek toe dat die mense van die ooste jou vir hulle vat. Hulle sal kampe rondom jou opslaan en hulle tente in jou land oprig. Hulle sal jou vrugte eet en jou vee steel.

5. “Ek verander die stad Rabba in ’n weiveld vir kamele en Ammon sal ’n skaapkraal word. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.

6. “Die oppermagtige Here sê: Jy het ewe hatig jou hande geklap en voete gestamp en gejuig toe my volk vernietig is;

7. daarom lig Ek my vuis teen jou. Jy sal buit vir die nasies word. Jy sal nie meer ’n nasie wees nie. Ek vernietig jou heeltemal. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.”

8. “Die oppermagtige Here sê: Die mense van Moab en Seïr sê Juda is maar net soos al die ander nasies;

Lees volledige hoofstuk Esegiël 25