Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 23:32-46 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

32. “So sê die oppermagtige Here: Jy sal dieselfde beker moet drinkas jou sussie, ’n beker wat groot en diep is. Almal sal met jou spot omdat jou straf so groot is.

33. Jy sal in jou hartseer soos ’n dronkaard rondslinger, net soos jou sussie, Samaria.

34. Jy sal die beker drink, dit leeg drink,en dit stukkend breekterwyl jy jou borste oopruk, sê die oppermagtige Here.

35. “Omdat jy My vergeet het en jou rug op My gedraai het, sê die oppermagtige Here, sal jy die gevolge van jou afskuwelike onsedelikheid moet dra.”

36. Die Here het vir my gesê: “Mensekind, kla Ohola en Oholiba aan oor hulle verskriklike dade.

37. Hulle het egbreuk en moord gepleeg – egbreuk deur afgode te aanbid, en moord toe hulle hulle kinders as offers op hulle altare verbrand het.

38. Ná dit alles het hulle ook my woonplek verontreinig en my Sabbatdae geminag.

39. Op dieselfde dag wat hulle hulle kinders voor die afgode vermoor het, het hulle ewe dapper in my woonplek gekom om My te aanbid! Hulle het ingestap en my huis verontreinig!

40. “Julle het boodskappers na ver lande gestuur om mans te kry. Toe hulle aankom, het jy jouself vir hulle gebad, jou gesig opgemaak en jou mooiste juwele aangesit om hulle te beïndruk.

41. Jy het saam met hulle op ’n mooi bed gaan sit. Die wierook en olie wat Ek vir jou gegee het, het jy op die tafel voor jou geplaas.

42. Die geraas van sorgelose mense kon uit jou slaapkamer gehoor word. Hulle was dronkaards uit die woestyn wat vir jou armbande aangesit en mooi krone opgesit het.

43. Toe het Ek gesê: ‘Het hulle by ’n ou prostituut wat opgebruik is, kom slaap? Dis wat sy is!’

44. En dis wat hulle gedoen het. Hulle het by Ohola en Oholiba geslaap, die skaamtelose prostitute.

45. Regverdige mense sal die twee susterstede oordeel vir wat hulle eintlik is: egbrekers en moordenaars. Regverdige mense sal hulle die straf oplê wat hulle verdien.

46. “So sê die oppermagtige Here: Bring ’n hele leër teen hulle en laat hulle geterroriseer en geplunder word!

Lees volledige hoofstuk Esegiël 23