Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 23:30-39 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

30. Ek het dit alles oor jou gebring omdat jy ’n prostituut vir die nasies geword het en jou met hulle afgode besoedel het.

31. Jy het nes jou sussie gemaak; daarom straf Ek jou op dieselfde manier as vir haar.

32. “So sê die oppermagtige Here: Jy sal dieselfde beker moet drinkas jou sussie, ’n beker wat groot en diep is. Almal sal met jou spot omdat jou straf so groot is.

33. Jy sal in jou hartseer soos ’n dronkaard rondslinger, net soos jou sussie, Samaria.

34. Jy sal die beker drink, dit leeg drink,en dit stukkend breekterwyl jy jou borste oopruk, sê die oppermagtige Here.

35. “Omdat jy My vergeet het en jou rug op My gedraai het, sê die oppermagtige Here, sal jy die gevolge van jou afskuwelike onsedelikheid moet dra.”

36. Die Here het vir my gesê: “Mensekind, kla Ohola en Oholiba aan oor hulle verskriklike dade.

37. Hulle het egbreuk en moord gepleeg – egbreuk deur afgode te aanbid, en moord toe hulle hulle kinders as offers op hulle altare verbrand het.

38. Ná dit alles het hulle ook my woonplek verontreinig en my Sabbatdae geminag.

39. Op dieselfde dag wat hulle hulle kinders voor die afgode vermoor het, het hulle ewe dapper in my woonplek gekom om My te aanbid! Hulle het ingestap en my huis verontreinig!

Lees volledige hoofstuk Esegiël 23