Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 18:15-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. “Hy weier om op die berge afgode te aanbiden soek nie hulp by die afgode nie. Hy slaap nie by die vrou van ’n ander man nie.

16. Hy verdruk nie arm mense nie en vat niks in pand nie. Hy beroof niemand nie, maar gee van sy kos vir mense wat honger is en sy klere vir behoeftiges.

17. Hy verdruk niemand nie en vat nie rente of woekerwins nie. Hy is getrou aan my bepalingsen lewe volgens my voorskrifte. “Hy sal nie doodgemaak word vir sy pa se sondes nie. Nee, hy sal bly lewe.

18. Die pa sal doodgemaak word oor die afskuwelike dade wat hy gepleeg het. Hy was wreed en het sy eie familie beroof. Hy het tussen sy mense slegte dinge gedoen.

19. “Nou vra julle: ‘Waarom word die seun nie vir die pa se sondes verantwoordelik gehou nie?’ Die seun het dan gedoen wat reg en goed is en hy het my voorskrifte onderhou; daarom sal hy verseker lewe.

20. Die een wat sonde doen, word doodgemaak. ’n Kind sal nie vir die ouer se sondes gestraf word nie. En ’n ouer sal nie vir die kind se sondes gestraf word nie. Regverdige mense sal beloon word vir die goeie wat hulle doen. En slegte mense sal gestraf word vir die slegte wat hulle doen.

21. “Maar as slegte mense ophou om slegte dinge te doen en my voorskrifte begin gehoorsaam en doen wat goed en reg is, sal hulle verseker lewe. Hulle sal nie doodgemaak word nie.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 18