Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 14:8-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Ek sal self teen sulke mense draai en van hulle ’n verskriklike voorbeeld maak. Ek sal hulle uit my volk verwyder. Dan sal julle erken dat Ek die Here is.

9. En as ’n profeet hom laat mislei om iets te sê, sal dit wees omdat Ek, die Here, daardie profeet mislei het. Ek sal my hand teen hom uitsteek en hom verwyder uit die midde van my volk Israel.

10. Hulle sal hulle skuld moet dra. Die profeet sal net so gestraf word soos die mens wat hom kom raadpleeg het.

11. Op hierdie manier sal die volk Israel leer om nie weg te dwaal van My af nie. Hulle sal nie meer in sonde val nie. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees, sê die oppermagtige Here.”

12. Die Here het ook nog vir my gesê:

13. “Mensekind, veronderstel die mense van ’n land sondig teen My en tree troueloos teen My op. Veronderstel Ek lig dan my vuis op om hulle te verpletter en Ek vat hulle kos weg en stuur ’n hongersnood wat mens en dier vernietig.

14. Dan, selfs al was Noag, Daniël en Job tussen hulle, sou dié drie se regverdige optrede niemand anders gered het behalwe net vir hulleself nie, sê die oppermagtige Here.

15. “Of veronderstel Ek stuur ’n klomp gevaarlike wilde diere om die land te verwoes en die mense dood te maak. Die land word verlate sodat niemand dit waag om daar deur te trek nie

16. Selfs al was hierdie drie mans daar, verklaar die oppermagtige Here, sou dit niks aan die situasie verander nie. Dit sou nie die mense van verwoesting red nie. Net daardie drie sou gered word. Maar die land sal verwoes word.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 14