Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 14:2-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. het die Here vir my gesê:

3. “Mensekind, hierdie leiers het hulle harte op afgode gerig. Hulle het die struikelblok van sonde in hulle lewe toegelaat. Hoekom moet Ek toelaat dat hulle enigiets van My vra?

4. Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: Ek, die Here, sal die mense van Israel straf, hulle wat afgode in hulle harte oprig en die struikelblok van sonde toelaat, en wat dan nogtans die profeet vir raad kom vra.

5. Ek sal dit doen om die volk Israel se harte te herower, hulle wat My verlaat het om hulle afgode te dien.

6. “Daarom, sê vir die volk Israel die oppermagtige Here sê: Draai om! Draai weg van julle afgode! Hou op met julle afskuwelike dade!

7. Want as enigeen uit Israel of ’n vreemdeling My verwerp en sy hart rig op afgode en oor sonde struikel, en nogtans na die profeet toe kom om raad van My te kry, sal Ek so iemand self antwoord.

8. Ek sal self teen sulke mense draai en van hulle ’n verskriklike voorbeeld maak. Ek sal hulle uit my volk verwyder. Dan sal julle erken dat Ek die Here is.

9. En as ’n profeet hom laat mislei om iets te sê, sal dit wees omdat Ek, die Here, daardie profeet mislei het. Ek sal my hand teen hom uitsteek en hom verwyder uit die midde van my volk Israel.

10. Hulle sal hulle skuld moet dra. Die profeet sal net so gestraf word soos die mens wat hom kom raadpleeg het.

11. Op hierdie manier sal die volk Israel leer om nie weg te dwaal van My af nie. Hulle sal nie meer in sonde val nie. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees, sê die oppermagtige Here.”

12. Die Here het ook nog vir my gesê:

13. “Mensekind, veronderstel die mense van ’n land sondig teen My en tree troueloos teen My op. Veronderstel Ek lig dan my vuis op om hulle te verpletter en Ek vat hulle kos weg en stuur ’n hongersnood wat mens en dier vernietig.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 14