Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 11:11-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Nee, hierdie stad sal nie ’n ysterpot vir julle wees nie, en julle sal nie daarbinne so veilig soos vleis wees nie. Ek sal julle straf tot by die grense van Israel.

12. “Dan sal julle weet dat Ek die Here is. Julle het mos geweier om aan My gehoorsaam te wees. Julle het eerder al die verkeerde dinge gedoen wat die nasies rondom julle gedoen het.”

13. Terwyl ek nog gepraat het, het Pelatja seun van Benaja skielik gesterf. Ek het toe met my gesig op die grond neergeval en uitgeroep: “O oppermagtige Here, gaan U almal in Israel doodmaak?”

14. Die Here het vir my gesê:

15. “Mensekind, die mense wat in Jerusalem agtergebly het, jou eie mense, praat oor hulle familie wat in ballingskap is. Hulle sê: ‘Hulle is ver weg van die Here, en nou het Hy hulle grond vir ons gegee!’

16. Daarom moet jy sê: So sê die oppermagtige Here: Alhoewel Ek julle in ballingskap in al die lande van die wêreld verstrooi het, sal Ek in die tyd wat julle ballinge is, ’n heiligdom vir julle wees.

17. Jy moet sê: So sê die oppermagtige Here: Ek maak hierdie mense bymekaar tussen die nasies en versamel hulle uit die lande waarheen Ek hulle verstrooi het. En Ek gee die land Israel vir hulle terug.

18. “En as hulle terugkom na hulle eie land, sal hulle al die walglike dinge en elke verfoeilike beeld verwyder.

19. En Ek sal hulle harte verander en hulle gees nuut maak. Ek sal die harte van klip wegneem en vir hulle sagte harte in die plek daarvan gee.

20. Dan sal hulle my opdragte en wette gehoorsaam. En hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 11