Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 1:6-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. behalwe dat elkeen van hulle vier gesigte en twee paar vlerke gehad het.

7. Hulle bene was reguit soos ’n mens s’n, maar hulle voete het gelyk soos ’n kalf s’n, en dit het geblink soos brons wat opgevryf is.

8. Onder elkeen van die vier vlerke kon ek hande sien soos dié van mense.

9. Die vlerke van elke lewende wese het geraak aan die vlerke van die twee wat langs hom staan. Die wesens kon in enige rigting vlieg sonder om om te draai.

10. Elkeen het die gesig van ’n mens na voor gehad, die gesig van ’n leeu aan die regterkant, die gesig van ’n bees aan die linkerkant en die gesig van ’n arend aan die agterkant.

11. Elkeen het ook twee pare uitgestrekte vlerke gehad. Met een paar vlerke het hulle geraak aan die ander een wat langs hulle staan. Met die ander paar het hulle hulleself toegemaak.

12. Hulle het in enige rigting gegaan wat die Gees wou. Hulle kon reguit vorentoe gaan sonder om ooit om te draai.

13. Die wesens het gelyk soos skerp kole vuur wat gloei of soos helder ligte wat brand. Dit het gelyk of weerlig heen en weer tussen hulle flits.

14. Die wesens het soos weerligstrale heen en weer beweeg.

15. Terwyl ek na hierdie wesens gestaar het, het ek vier wiele op die grond langs elke wese gesien.

16. Die wiele het soos kosbare stene geskitter. Al vier wiele het presies dieselfde gelyk. Binne-in elke wiel was daar nog ’n wiel wat dwars daarteenoor gedraai het.

17. Die wesens kon vorentoe beweeg in enige rigting waarheen hulle kyk sonder om om te draai as hulle beweeg.

18. Die vier wiele was ontsagwekkend groot, en hulle was rondom vol oë.

19. Wanneer die vier wesens beweeg het, het die wiele saam met hulle beweeg. As hulle opgestyg het, het die wiele ook opgegaan.

20. Die gees van die vier lewende wesens was in die wiele. Daarom het die wiele en die wesens gegaan waar die gees ook al gegaan het.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 1