Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 4:25-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Sy vrou, Sippora, het ’n skerp mes gevat en haar seun se voorvelletjie daarmee afgesny. Sy het dit teen Moses se geslagsdeel gedruk en vir hom gesê: “Jy is nou my bruidegom wat met bloed beskerm word.”

26. (Toe sy Moses ’n “bruidegom wat met bloed beskerm word” genoem het, het sy na die besnydenis verwys.) Die Here het hom hierna met rus gelaat.

27. Die Here het vir Aäron gesê: “Gaan ontmoet Moses in die woestyn.” Aäron het gegaan en Moses by die berg van God teëgekom. Hy het hom omhels.

28. Moses het vir Aäron alles vertel van die opdrag wat die Here hom gegee het en die tekens wat hy moes doen.

29. Moses en Aäron is toe terug na Egipte waar hulle al die leiers van die Israeliete bymekaargeroep het.

30. Aäron het vir hulle van alles vertel wat die Here vir Moses gesê het. Terwyl hulle toekyk, het Moses die tekens gedoen.

31. Die leiers was dadelik oortuig dat die Here Moses en Aäron gestuur het. Hulle het almal hulle koppe gebuig en op hulle knieë gegaan toe hulle hoor dat die Here bekommerd is oor Israel en hulle ellende raakgesien het.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 4