Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 4:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Moses het egter bly teëstribbel: “En as hulle my nie glo nie? Hulle sal nie doen wat ek vir hulle sê nie. Hulle sal sommer sê: ‘Jy het nie regtig die Here ontmoet nie.’”

2. Toe vra die Here vir hom: “Wat het jy daar in jou hand?” “’n Herderstok,” antwoord Moses.

3. “Gooi dit op die grond neer,” het die Here vir hom gesê. Hy gooi dit toe op die grond en dit het ’n slang geword. Moses het geskrik en hy wou daarvan weghardloop.

4. Maar die Here sê vir hom: “Gryp dit aan sy stert!” Toe Moses dit gryp, het dit weer ’n herderstok geword.

5. “Hulle sal hierdie teken glo,” het die Here vir hom gesê. “Dit sal hulle oortuig dat jy die Here, die God van hulle voorouers – die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob – ontmoet het.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 4