Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 30:26-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. Gebruik dit om die tabernakel en die ark van die verbond te salf.

27. Salf daarmee ook die tafel en al sy toebehore, die kandelaar en al sy toebehore, die wierookaltaar,

28. die brandofferaltaar met sy toebehore en die waskom met sy voetstuk.

29. Dra hulle almal aan die Here op. Enigeen wat daarna daaraan raak, sal vir die Here geheilig wees.

30. “Jy moet ook Aäron en sy seuns met die olie salf en hulle aan My wy om my priesters te wees.

31. “Sê ook vir die Israeliete: ‘Hierdie olie sal altyd my heilige olie wees.

32. Dit mag nooit vir enige ander mens gebruik word nie. Julle mag ook nie daarvan vir julleself gebruik nie. Dit is heilig en moet altyd as heilig beskou word.

33. “‘Enigeen wat net so ’n mengsel maak of daarvan aan iemand sit wat nie ’n priester is nie, sal uit die gemeenskap verwyder word.’”

34. Die Here het verder vir Moses gesê: “Meet gelyke hoeveelhede speserye af van hars, naeltjies, galbanum en suiwer wierook.

35. Meng dit soos ’n apteker en maak daarvan suiwer en heilige wierook.

36. Maal dit tot ’n fyn poeier en strooi daarvan voor die ark van die verbond waar Ek jou ontmoet in die tent van ontmoeting. Dit is besonder heilige wierook.

37. Jy mag nooit hierdie wierook vir jouself maak nie. Dit is uitsluitlik vir die Here. Dit is vir die Here alleen.

38. Die een wat so ’n mengsel maak, sal uit die gemeenskap verwyder word.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 30