Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 26:15-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. “Die raamwerk van die tabernakel bestaan uit panele wat van akasiahout gemaak is.

16. Elke paneel is vyf meter hoog en 75 sentimeter breed.

17. Daar moet aan elke paneel twee plekke wees waar dit met penne aan die volgende paneel verbind kan word. Al die panele moet so gemaak word.

18. Maak twintig panele vir die suidelike muur van die tabernakel.

19. Dit moet op 40 voetstukke van silwer pas. Onder elke paneel moet twee voetstukke kom.

20. Aan die noordekant kom ook twintig panele.

21. Vir hulle moet daar ook 40 voetstuk-ke van silwer wees, twee onder elke paneel.

22. Aan die westekant kom ses panele.

23. Op die hoeke kom versterkte panele.

24. Hierdie hoekpanele moet versterk word om bo en onder aan die ander muur vas te kom.

25. Daar moet dus altesaam agt panele aan daardie kant van die tabernakel wees wat op sestien voetstukke van silwer staan, twee onder elke paneel.

26. “Jy moet ook dwarsbalke van akasiahout maak om die panele aan mekaar vas te hou. Daar moet vyf balke vir die noordelike muur van die tabernakel wees.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 26