Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 24:11-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Hulle het Hom gesien en Hy het nogtans niks aan hulle gedoen nie. Daarna het hulle in sy teenwoordigheid geëet en gedrink.

12. Die Here sê toe vir Moses: “Klim op na My toe hier op die berg. Bly hier. Ek wil vir jou plat klippe gee waarop Ek die wette en gebooie geskryf het wat jy vir die volk moet leer.”

13. Moses en sy helper Josua het teen God se berg uitgeklim.

14. Moses het vir die leiers gesê: “Wag hier vir ons totdat ons weer na julle toe terugkom. Aäron en Hur is hier by julle. As enige probleem opduik terwyl ek weg is, moet julle na hulle toe gaan.”

15. Moses het daarna teen die berg uitgeklim. Die wolk het oor die berg gehang.

16. Die wonderlike teenwoordigheid van die Here was op Sinai. Die wolk het ses dae lank oor die berg gehang. Op die sewende dag het die Here uit die wolk na Moses geroep.

17. Vir die Israeliete onderkant die berg het dit gelyk soos ’n vuur wat bo-op die berg brand.

18. Moses het verder teen die berg uitgeklim en in die wolk verdwyn. Hy was altesaam 40 dae en 40 nagte lank daar bo-op die berg.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 24