Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 22:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Iemand wat ’n bees of ’n skaap steel en dit dan slag of verkoop, moet daarvoor boete betaal. Hy moet vyf keer soveel betaal as wat die bees werd was. Vir die skaap moet hy vier keer soveel betaal.

2. “As ’n dief op heterdaad betrap word terwyl hy besig is om in te breek en hy word noodlottig gewond, is die persoon wat hom doodgemaak het, onskuldig.

3. As dit egter helder oordag gebeur, is die een wat hom doodmaak, skuldig aan moord.“’n Dief wat gevang word, moet vir alles betaal wat gesteel is. As hy nie alles terugbetaal nie, moet hy self as ’n slaaf verkoop word om die skuld te betaal.

4. As iemand ’n bees of ’n donkie of ’n skaap steel en dit word nog lewendig by hom gekry, moet hy dubbel terugbetaal van wat die dier werd is.

5. “Iemand kan toelaat dat sy weiveld of sy wingerd oorbewei word en dan sy vee in ’n ander man se veld injaag om daar te gaan wei. Hy moet dan skadevergoeding betaal met die beste wat sy eie veld kan oplewer.

6. “Wanneer iemand die veld brand en dit na iemand anders se veld toe versprei en sy graan afbrand wat geoes is en reeds in gerwe gepak is, moet die een wat die vuur laat weghol het ten volle vergoed vir die skade.

7. “Dit kan gebeur dat iemand geld of goed vir ’n ander persoon gee om op te pas en dit word uit sy huis gesteel. As die dief gevang word, moet hy dubbel daarvoor vergoed.

8. As die dief nie gevang word nie, moet daardie persoon onder eed voor God verklaar dat dit nie hy was wat dit gesteel het nie.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 22