Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 19:18-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Die hele Sinaiberg was toe onder die rook toe die Here daarna toe afgekom het in ’n vuur. Die rook het die lug in geborrel soos rook uit ’n oond. Die hele berg het verskriklik geskud.

19. Die trompet het al harder en harder geblaas. Moses het gepraat en God het hom met donderslae geantwoord.

20. Die Here het toe afgekom na die top van die Sinaiberg toe en Moses na Hom toe geroep. Moses het toe teen die berg uitgeklim.

21. Die Here het vir Moses gesê: “Klim weer af en gaan waarsku die volk om nie in die afgebakende gebied in te gaan om na die Here te kyk nie. Baie van hulle sal dan doodgaan.

22. Selfs die priesters wat dikwels voor die Here kom, moet hulleself eers voorberei, anders sal hulle doodgaan.”

23. Moses het toe vir die Here gesê: “Die volk kan nie op die Sinaiberg klim nie. U het ons mos beveel om die berg af te sper en vir U af te sonder.”

24. Die Here het hom geantwoord: “Klim af en bring Aäron saam met jou terug. Die priesters en die volk mag egter nie in die afgebakende gebied kom om hiernatoe op te klim nie. Ek sal hulle beslis straf.”

25. Moses het afgeklim en vir die volk gaan vertel wat die Here vir hom gesê het.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 19