Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 18:6-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Hy het vir Moses laat weet: “Ek, jou skoonpa Jetro, het saam met jou vrou na jou toe gekom. Sy het haar twee seuns by haar.”

7. Moses het toe sy skoonpa gaan ontmoet. Hy het voor hom gebuig en hom gesoen. Ná hulle mekaar uitgevra het oor hoe dit met die ander gaan, is hulle na Moses se tent toe.

8. Moses het vir sy skoonpa haarfyn vertel van alles wat die Here met die farao en Egipte laat gebeur het ter wille van Israel. Hy het ook vertel van al die probleme wat hulle langs die pad teëgekom het en hoe die Here hulle daarmee gehelp het.

9. Jetro was bly om te hoor van al die wonderlike dinge wat die Here met Israel laat gebeur het toe Hy hulle uit Egipte se greep bevry het.

10. Jetro het toe gesê:“Loof die Here!Hy het julle bevry uit die greep van Egipteen die farao.Hy het die volk gereduit die kloue van Egipte.

11. Nou weet ek die Here is groter as enige ander god,as enige onregverdige ding wat hulle met julle gedoen het.”

12. Moses se skoonpa, Jetro, het toe ’n brandoffer voorberei en vir die Here geoffer. Aäron en al die oudste mans het gekom en saam met Jetro ’n offerete tot eer van God geëet.

13. Die volgende dag moes Moses weer as regter vir die volk optree. Hulle het van vroegoggend tot laataand by Moses se tent tougestaan.

14. Toe Moses se skoonpa sien hoe Moses met die volk werk, vra hy vir hom: “Hoekom doen jy alles self? Die mense staan die ganse dag vir jou en wag!”

15. Moses het sy skoonpa geantwoord: “Die volk kom na my toe om te hoor wat die Here sê.

16. As daar ’n geskil is tussen twee partye, gee ek uitspraak. Ek sê vir die volk wat God besluit het en wat God wil hê.”

17. Sy skoonpa sê toe vir Moses: “Jy hanteer die saak nie reg nie.

18. Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie. Dit is te veel vir jou. Jy kan dit nie alles op jou eie doen nie.

19. Luister nou na my raad. Mag God jou help om die volk by Hom te verteenwoordig. Jy moet voortgaan om hulle probleme na Hom toe te bring vir uitsluitsel.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 18